Labels

Thursday 24 October 2013

Wie is in beheer van jou lewe!

"Soos elke keer wanneer ek U goeie gawes geniet, sal ek U altyd roem met 'n jubelende mond. Psalm 63:6".

Wanneer ons gedagtes gefokus is op die liefde en vrede van God, ervaar ons onbeskryflike kalmte en gemoedsrus.


Wanneer jy jou daarop toespits om God deur elke dag en elke slaaplose nag te vertrou, sal kalmte en vrede oor jou neerdaal.  Jy sal nie net gemoedsrus ervaar nie, maar jy sal jou ook ophou bekommer oor die welstand van jou geliefdes, want jy leef in die versekering dat hulle veilig is in God se liefdevolle sorg.  Deur te focus op Jesus Christus en die vrede en voorspoed wat Hy gee, word jy kalm en vry omdat jy weet God is in beheer van jou lewe.  Hy lei jou op paaie van geregtigheid en daar is geen mens of omstandighede wat jou gemoedsrus kan versteur nie.  Dan maak Hy jou vry van bekommernis en spanning, want sy liefde omvou jou altyd. 

"Hou jou lewe vry van geldgierigheid; wees tevrede met wat julle het.  God self het gesê; "Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie".  Heb 13:5
 

1 comment:

  1. Ja ons kla te maklik, daar is so baie wat ons het en ander nie. Ons moet fokus op ons laaste dae, wat het jy dan nodig? Nie mooi goed nie, net jou Here en jou familie.

    ReplyDelete