Labels

Monday 10 March 2014

Hef op jou hande na die Heer
 

Die Here weet waar ons is elke oomblik van die dag. Hy ken ons gedagtes en wense. Trouens Hy weet al waar ons wil heengaan nog lank voor ons daaraan dink. Ons ewige Getroue God wat ons elke dag in die holte van Sy hand hou.  Dit is so wonderlik om te weet dat ons nie hoef te kwel oor die dag van môre nie. Hy sal sorg. Sy battery hoef nie gelaai te word soos ‘n selfoon sin nie en jy hoef nie ‘n kontrak uit te neem nie!  Hy is altyd daar! Altyd beskikbaar om ons laste op Sy skouers te plaas en ons kruis te dra. Is dit nie n lekker wete nie?

Hy bedaar storms en maak siekes gesond. Hy is Allerhoogs. Vertrou op Hom vir alles vriende en vriendinne.  Hy sal voorsien op sy tyd en plek.   Hy weet wat ons wil hê en waar en wanneer. Onthou dit altyd!

My gebed vir Jou:

Here Jesus, ek loof U dat ek gelukkig mag wees oor my toekoms omdat ek seker weet dat U vir my sal sorg. Ek weet dit is U wat vir my blywende geluk waarborg.  Ek wil elke dag  van my lewe geniet, ek wil vreugde vind in my werk en nie langer stress oor my toekoms nie. Dankie ook vir U belofte Heer dat ek nooit alleen sal wees nie, dat U altyd daar is vir my. Dankie Heer dat ek as U kind kan uitgaan en U woord kan versprei.

Amen