Labels

Thursday 20 November 2014

Stap die Adventspad

Heilige Here Jesus, ons lewende Verlosser,
U was eenmaal 'n klein Kindjie wat neergelê is
in Bethlem in 'n bed van strooi,
van waar U ons elke jaar na God toe terugnooi-
daarom vier ons Christusfees!
Die tyd het weer aangebreek dat ons die
Adventspad saam met U bewandel:
die seisoen van blydskap, vreugde en offerande.
Laat ons dan nou al vanaf die bergtoppe verkondig:
Die Verlosser is hier! Hy het gekom om
versoening, redding en vrede te bring!
Sken in U genade aan ons
'n Adventshoop, 'n Christusgeloof en 'n Christusliefde!
Skenk hoop aan almal wat skepties geword het,
maar tog hunker na vrede met U.
Skenk geloof aan almal, sodat ons sal aanhou glo,
selfs deur ons twyfel heen.
Skenk liefde aan ons; 'n liefde wat onsterflik is;
'n liefde wat groter en wiser is as die grense van
ons eie klein, beperkte wêreld;
'n liefde wat die wêreld sal vul
soos die waters die seebodem oordek;
'n liefde wat in elke nood en elke behoefte sal voorsien.
Skenk hierdie Christusgawes aan elke bekommerde hart
terwyl die ou jaar uitloop en die nuwe jaar aanbreek.
Nou is die tyd dat ons soek e ster van vrede.
Luister na ons Christusmelodie van blydskap
in die Adventstyd.
Laat ons 'n visioen van hoop in die krip van Bethlehem sien.
Laat ons hart weer huis toe kom na U toe,
soos kinders vir die vakansie terugkeer na hulle ouerhuis.
Maak dit waar vir hierdie Christusfees ... en vir altyd hierna.
In die Naam van Jesus, wat vir ons gebore is.
Amen

Saturday 18 October 2014

Vriende

"Die genot van vriendskap lê in die raad wat jy kry.  Spreuke 27:9".


Laat ons God dank vir die mense wat daarin behae skep om ander mense te help.  Geen taak is vir hulle te gering nie, en hulle verbly hulle daarin om dit ongesiens te doen.  Hulle soek na geen belonging nie, behalwe om die lewe ryker en makliker vir hulle medemens te maak.  'n Eensame persoon sal vriendskap verwelkom; iemand wat verward is, sal 'n goeie en begrypende luisteraar waardeer;  'n eensame persoon sal besoekers van harte vewerlkom; 'n enkelouer sal 'n verantwoordelike kinderwagter verwelkom sodat sy vir 'n aand kan uitkom.

Daar is soveel verskillende maniere om te help.  Terwyl jy ander help, sal jy 'n ryke seen as belonging ontvang.  Elke goeie daad wat in Christus se Naam verrig word, bring vir beide die gewer en die ontvanger seën.  Die meeste van alles bring dit eer vir Sy Naam.


"Yster slyp yster, vriende vorm mekaar.  Spreuke 27:17".

Dankie Here dat ons mekaar se laste kan dra, dankie Here dat ons mekaar kan lief hê en mekaar kan aanspoor tot liefde en goeie dade, Amen
 

Tuesday 30 September 2014

Hoop

"Hy stel prys op die wat Hom dien, die wat hulle hoop vestig op sy trou".
Psalm 147:11

As jy reeds ver gevorder het op die pelgrimsreis, mag jy geneig wees om te dink dat jy geen grond of reg het om te hoop nie, Jy leef egter vandag, en dit is die kosbaarste wat God aan jou gegee het.  Benut elke uur van elke dag optimala en moet dit nie bederf deur jou oor die kortstondigheid van die lewe te verknies nie.

Hou vas aan die sekerheid dat, op watter stadium van die lewensreis jy ook is, God sy beste vir jou bewaar het.  As kind van God het jy die hoop op die ewige lewe.  Al is hierdie lewe 'n stryd en al wink mooi herinneringe van gister jou die verlede in, gryp die goue dag wat God jou skenk en leef voluit to Sy eer.

Hou die hoop brandend in jou hart en onthou dat die toekoms vol geleenthede is omdat jou God ook in die toekoms is.

Monday 10 March 2014

Hef op jou hande na die Heer
 

Die Here weet waar ons is elke oomblik van die dag. Hy ken ons gedagtes en wense. Trouens Hy weet al waar ons wil heengaan nog lank voor ons daaraan dink. Ons ewige Getroue God wat ons elke dag in die holte van Sy hand hou.  Dit is so wonderlik om te weet dat ons nie hoef te kwel oor die dag van môre nie. Hy sal sorg. Sy battery hoef nie gelaai te word soos ‘n selfoon sin nie en jy hoef nie ‘n kontrak uit te neem nie!  Hy is altyd daar! Altyd beskikbaar om ons laste op Sy skouers te plaas en ons kruis te dra. Is dit nie n lekker wete nie?

Hy bedaar storms en maak siekes gesond. Hy is Allerhoogs. Vertrou op Hom vir alles vriende en vriendinne.  Hy sal voorsien op sy tyd en plek.   Hy weet wat ons wil hê en waar en wanneer. Onthou dit altyd!

My gebed vir Jou:

Here Jesus, ek loof U dat ek gelukkig mag wees oor my toekoms omdat ek seker weet dat U vir my sal sorg. Ek weet dit is U wat vir my blywende geluk waarborg.  Ek wil elke dag  van my lewe geniet, ek wil vreugde vind in my werk en nie langer stress oor my toekoms nie. Dankie ook vir U belofte Heer dat ek nooit alleen sal wees nie, dat U altyd daar is vir my. Dankie Heer dat ek as U kind kan uitgaan en U woord kan versprei.

Amen

Tuesday 11 February 2014

Vader U is my alles, U is my Redder, U is my Voorsiener, U is my Geneesheer, U is die Begin en die Einde, U is my Alfa en my Omega.  Ek lê myself voor U neer en gee myself ten volle oor aan U.  Ek is net die klei, maar U is die Meester Pottebakker, vorm my en maak my, net soos U wil.
Vergewe my al my sonde, en Vader help my om ander ook te vergewe. Ons is so geneig om vergifnis te verwag, maar ons wil nie die verlede se seer wat ander ons aangedoen het vergewe nie.  Vader help ons om te streef om soos U te wees en na U wil sal lewe. Ons vra dit in Jesus Naam. Amen


Thursday 9 January 2014

My Mostersaadjie Geloof

Om in God en Sy beloftes te glo beteken nie dat God alles sal laat gebeur soos ons dinge wil hê nie.  God se beloftes moedig ons aan om steeds in Hom te bly glo, nie net in goeie tye nie maar ook wanneer dinge vir ons verkeerd loop.  Om absoluut in God te bly glo beteken dat jy in stormtye die besluite aan Hom oorlaat en Hom sal vertrou vir die antwoord, al verskil dit hemelsbreed van die antwoord wat jy graag wou hoor.  Vetrou God, al maak Hy nie die storm dadelik stil om jou nie.  Al wat jy nodig het om die storm te oorleef, is geloof so groot soos 'n mostertdsaaidjie, en God sal vir jou gee as jy Hom vra.

Here Jesus, vandag bid ek vir geloof, al is dit so groot soos 'n mostersaaidjie, ek vra dat U ook die storms om my sal stil maak.  Dankie dat ek weet ek my lewe op U kan bou en dat U myself sal vashou as rampre my voete onder my uitslaan, Amen

Wednesday 8 January 2014

Begin elke dag met 'n positiewe gesindheid

"Rig julle gedagtes op die dinge wat daarbo is, nie op die dinge wat op die aarde is nie, want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God." Kolossense 3:2-3

In sy boek Happiness Matters skryf  Dennis Leonard dat dit nie die probleme in ons lewe is wat ons moedeloos maak nie, maar wel die verkeerde gesindheid wat ons elke dag kies.  So kies dus vanjaar om gelukkig en meer positief te wees. 

Rig jou gedagtes op positiewe dinge, "die dinge wat daarbo is nie dit wat op die aarde is nie." Fokus op God se beloftes uit die bybel.  Weet dat God vandag by jou sal wees, vra Hom vir wysheid vir al jou problem wat op jou pad mag kom.  Dit is moontlik met God se hulp om jou negatiewe gesindheid met 'n positiewe een te vervang.  As jy die jaar met 'n positiewe gesindheid ingaan sal dinge ook positief vir jou uitwerk.

Tuesday 7 January 2014

Here, hoeveel blye dae

Vreudevolle vooruitsigte

Wanneer ons aan God se werk in ons lewe dink, besef ons hoeveel onverdiende vreugde en voorspoed ons uit Sy hand ontvang .  Wanneer ons dit dan as aardse lewe opweeg teenoor die hemelse lewe, besef ons watter ongekende vrede en vreugde op ons wag!  Dit is die sin van terugkyk en vorentoe kyk. Die eindpunt bring ons weer onvermydelik by die nuwe beginpunt.

Dankie Heer vir soveel blye dae.  Dankie dat ons kalm en rein sonder sorge U hand kan vat en die pad voorentoe stap.  Here gee U ons lewensvreugde en vrede in ons harte. Amen