Labels

Saturday 18 October 2014

Vriende

"Die genot van vriendskap lê in die raad wat jy kry.  Spreuke 27:9".


Laat ons God dank vir die mense wat daarin behae skep om ander mense te help.  Geen taak is vir hulle te gering nie, en hulle verbly hulle daarin om dit ongesiens te doen.  Hulle soek na geen belonging nie, behalwe om die lewe ryker en makliker vir hulle medemens te maak.  'n Eensame persoon sal vriendskap verwelkom; iemand wat verward is, sal 'n goeie en begrypende luisteraar waardeer;  'n eensame persoon sal besoekers van harte vewerlkom; 'n enkelouer sal 'n verantwoordelike kinderwagter verwelkom sodat sy vir 'n aand kan uitkom.

Daar is soveel verskillende maniere om te help.  Terwyl jy ander help, sal jy 'n ryke seen as belonging ontvang.  Elke goeie daad wat in Christus se Naam verrig word, bring vir beide die gewer en die ontvanger seën.  Die meeste van alles bring dit eer vir Sy Naam.


"Yster slyp yster, vriende vorm mekaar.  Spreuke 27:17".

Dankie Here dat ons mekaar se laste kan dra, dankie Here dat ons mekaar kan lief hê en mekaar kan aanspoor tot liefde en goeie dade, Amen