Labels

Thursday 20 November 2014

Stap die Adventspad

Heilige Here Jesus, ons lewende Verlosser,
U was eenmaal 'n klein Kindjie wat neergelê is
in Bethlem in 'n bed van strooi,
van waar U ons elke jaar na God toe terugnooi-
daarom vier ons Christusfees!
Die tyd het weer aangebreek dat ons die
Adventspad saam met U bewandel:
die seisoen van blydskap, vreugde en offerande.
Laat ons dan nou al vanaf die bergtoppe verkondig:
Die Verlosser is hier! Hy het gekom om
versoening, redding en vrede te bring!
Sken in U genade aan ons
'n Adventshoop, 'n Christusgeloof en 'n Christusliefde!
Skenk hoop aan almal wat skepties geword het,
maar tog hunker na vrede met U.
Skenk geloof aan almal, sodat ons sal aanhou glo,
selfs deur ons twyfel heen.
Skenk liefde aan ons; 'n liefde wat onsterflik is;
'n liefde wat groter en wiser is as die grense van
ons eie klein, beperkte wêreld;
'n liefde wat die wêreld sal vul
soos die waters die seebodem oordek;
'n liefde wat in elke nood en elke behoefte sal voorsien.
Skenk hierdie Christusgawes aan elke bekommerde hart
terwyl die ou jaar uitloop en die nuwe jaar aanbreek.
Nou is die tyd dat ons soek e ster van vrede.
Luister na ons Christusmelodie van blydskap
in die Adventstyd.
Laat ons 'n visioen van hoop in die krip van Bethlehem sien.
Laat ons hart weer huis toe kom na U toe,
soos kinders vir die vakansie terugkeer na hulle ouerhuis.
Maak dit waar vir hierdie Christusfees ... en vir altyd hierna.
In die Naam van Jesus, wat vir ons gebore is.
Amen