Labels

Thursday 9 January 2014

My Mostersaadjie Geloof

Om in God en Sy beloftes te glo beteken nie dat God alles sal laat gebeur soos ons dinge wil hê nie.  God se beloftes moedig ons aan om steeds in Hom te bly glo, nie net in goeie tye nie maar ook wanneer dinge vir ons verkeerd loop.  Om absoluut in God te bly glo beteken dat jy in stormtye die besluite aan Hom oorlaat en Hom sal vertrou vir die antwoord, al verskil dit hemelsbreed van die antwoord wat jy graag wou hoor.  Vetrou God, al maak Hy nie die storm dadelik stil om jou nie.  Al wat jy nodig het om die storm te oorleef, is geloof so groot soos 'n mostertdsaaidjie, en God sal vir jou gee as jy Hom vra.

Here Jesus, vandag bid ek vir geloof, al is dit so groot soos 'n mostersaaidjie, ek vra dat U ook die storms om my sal stil maak.  Dankie dat ek weet ek my lewe op U kan bou en dat U myself sal vashou as rampre my voete onder my uitslaan, Amen

Wednesday 8 January 2014

Begin elke dag met 'n positiewe gesindheid

"Rig julle gedagtes op die dinge wat daarbo is, nie op die dinge wat op die aarde is nie, want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God." Kolossense 3:2-3

In sy boek Happiness Matters skryf  Dennis Leonard dat dit nie die probleme in ons lewe is wat ons moedeloos maak nie, maar wel die verkeerde gesindheid wat ons elke dag kies.  So kies dus vanjaar om gelukkig en meer positief te wees. 

Rig jou gedagtes op positiewe dinge, "die dinge wat daarbo is nie dit wat op die aarde is nie." Fokus op God se beloftes uit die bybel.  Weet dat God vandag by jou sal wees, vra Hom vir wysheid vir al jou problem wat op jou pad mag kom.  Dit is moontlik met God se hulp om jou negatiewe gesindheid met 'n positiewe een te vervang.  As jy die jaar met 'n positiewe gesindheid ingaan sal dinge ook positief vir jou uitwerk.

Tuesday 7 January 2014

Here, hoeveel blye dae

Vreudevolle vooruitsigte

Wanneer ons aan God se werk in ons lewe dink, besef ons hoeveel onverdiende vreugde en voorspoed ons uit Sy hand ontvang .  Wanneer ons dit dan as aardse lewe opweeg teenoor die hemelse lewe, besef ons watter ongekende vrede en vreugde op ons wag!  Dit is die sin van terugkyk en vorentoe kyk. Die eindpunt bring ons weer onvermydelik by die nuwe beginpunt.

Dankie Heer vir soveel blye dae.  Dankie dat ons kalm en rein sonder sorge U hand kan vat en die pad voorentoe stap.  Here gee U ons lewensvreugde en vrede in ons harte. Amen