Om daar te wees vie mekaar dit is wat vriendskap beteken.
Vriendskap is iets wat gegee word, sonder
dat dit gemeet word.
Ware vriendskap is om iemand anders se
behoeftes bo jou eie te stel.
Dis om uit te reik na iemand anders, en om
bereid te wees om op te offer.
Vriendskap is vertroue, betroubaarheid en
lojaliteit. Dit is sy wat daar is vir jou jou "24/7"
Alhoewel
vriende kom en gaan in die lewe, laat hulle almal iets agter in jou lewe. Daar
is ’n gesegde wat sê: "Daar's vriende vir 'n rede, vriende
vir 'n seisoen en vriende vir 'n leeftyd". Of 'n vriendin
daar is om jou deur iets te help sy is jou rede-vriendin of slegs vir 'n ruk
sy is jou seisoen-vriendin leer elkeen van hulle vir jou iets oor jouself.
Soms gaan ’n vriendskap op 'n einde
kom. So moeilik as wat dit mag wees, is dit als deel van jou lewensplan. Jou
ware vriende sal daardie mense wees wat jou deur die pyn help. Dus gaan uit en
maak 'n paar vriende – nou is die beste tyd!
'n Roos vir elkeen van my vriendinne |
Onthou wees daar vir jou vriendin soos sy vir jou ook daar sal wees. Dankie aan al my ware vriende wat op my lysie is. Ek glo waar ons ook nou weer verhuis na 'n nuwe land sal ek ook weer leer om nuwe vriende maak. Al bly jy ook so ver oor die waters behou jou vriendskappe dit is belangrik, hou kontak met mekaar en wees lief vir mekaar.
No comments:
Post a Comment